We're Reading

Op ons boekrak in September

Ons boekrak kreun onder die boeke maar daar is altyd plek vir nog. Hier is 'n paar van ons gunsteling nuwe titles van Lapa Uitgewers.

Toekomsmens deur Isa Konrad

Pretoria, 2057. Dertig jaar ná Johannesburg in ’n spookstad verander het, word die Nuwe Republiek van Suid–Afrika deur die Toekomsparty en ’n Raad van Twaalf regeer. Kel de Jong werk as ’n programmeerder in die Intelligensieburo.
Sy geordende lewe word in chaos gedompel wanneer ’n militêre observasiesatelliet ’n jong kind op die verlate N1 tussen Pretoria en Johannesburg ontdek. Op dieselfde dag word In–Grid, die Intelligensieburo se sentrale kunsmatige intelligensie, in ’n aanval vernietig. In chaos wat volg, aktiveer Kel In–Grid se prototipe en ontdek dat dit die herinneringe van Agnes Baumer bevat, ’n
vroulike spioen in Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Met behulp van tydreise ontdek Kel in die verre verlede die waarheid agter die gebeure in sy hede. Toekomsmens is teen R290 by toonaangewende boekwinkels landswyd beskikbaar. Details: lapa.co.za.

Meer oor Toekomsmens:
*Toekomsmens is ‘n sterk spekulatiewe roman en ideaal vir aanhangers van Margaret Atwood se Oryx and Crake en The Handmaid’s Tale. Die verhaal trek korrelasies tussen huidige gebeure en WWII.

Winternag deur Madelie Human

 

Belinda Behrens is ’n befaamde sangeres wat dikwels op koerantvoorblaaie pronk, maar haar hart hunker na meer. Sy wil haar dogter leer ken, uit die kollig kom en ’n tuiste op Groeneweide maak. Ongelukkig wil die beesboer met sy heldergroen oë haar net nie uitlos nie.
Jaco Greyling is in die winter van sy lewe. Sy vrou is oorlede, sy twee tieners gee vir hom elke dag ’n ekstra kolletjie grys hare en hy staan op die rand van bankrotskap ná jare van droogte. Hy is hoegenaamd nie gereed vir enige verhouding nie, maar die mooie Belinda met haar onwrikbare geloof dat die son weer sal skyn, spook by hom. Ten spyte van talle struikelblokke ontwikkel daar iets tussen hulle wat nie een van hulle kan vermy nie, en waar daar liefde is, is daar hoop. Winternag is teen R95 by toonaangewendeboekwinkels landswyd beskikbaar. Details: lapa.co.za.

*Meer oor Winternag:
Madelie Human gebruik godsdiens op ’n manier wat nie die liefdesverhaal
bederf nie, maar dit eerder verdiep. Winternag is deel van ’n trilogie wat handel oor die mense van
Groeneweide.

Skoolgeld deur Vita du Preez

Wanneer Emma Louw ná ’n motorongeluk haar bewussyn in die hospitaal herwin het sy geen idee wie sy of die aantreklike vreemdeling is wat langs haar bed waak nie. Daniel Swart slaag egter daarin om haar gerus te stel: Sy is au pair vir sy seuntjie Neal en volgens die dokter is haar geheueverlies net tydelik.
Emma is geskok wanneer Daniel haar vertel dat hulle ’n  iefdesverhouding het hoewel hy getroud is. Hy oortuig haar om saam met hom terug te keer na sy plaas Omdraai. Op die plaas begin Emma geleidelik grepe uit haar kinderdae onthou, maar oor haar volwasse lewe is daar steeds ’n donker sluier getrek.
Emma besef gou dat sy meer as blote fisieke aantrekkingskrag voel vir die man wat haar met soveel geduld en deernis versorg. Die emosionele verbintenis tussen hulle verdiep en omdat Emma hom vertrou, is sy bereid om sy seksuele fantasieë saam met Daniel uit te leef. Maar gaan hierdie ’n duur les wees? Skoolgeld is teen R250 by toonaangewende boekwinkels landswyd beskikbaar. Details: lapa.co.za.

*Meer oor Skoolgeld:
Skoolgeld is die opvolg op Klaskamer en die tweede boek in ’n drieluik.  BDSM is ’n sterk tema en word deur goeie navorsing gesteun – Aanhangers van 50 Shades of Grey sal Vita se boeke geniet.
Skoolgeld is ’n storie met goed-ontwikkelde karakters wat empatie uitlok.

Leave a Reply

%d bloggers like this: