We're Reading

Op die liefde… ‘n Paar van ons gunsteling nuwe Romanza-titels

Geen naweek is volmaal sonder 'n paar lekker Romanza-titels nie. Hier is 'n paar van ons gunstelinge.

Liefde vir ‘n dromer deur Didi Potgieter

Petri is ’n bofbalspeler in New York en Katryn is ’n plaasmeisie wat haar pa se besigheid aan die ander kant van die wêreld bestuur. Hulle het wel een ding in gemeen: Hulle albei moet in Pretoria wees vir die lees van Petrus Theron se testament.
Petri erf aandele in Petrus se besigheid en Katryn is woedend oor haar stiefpa se halsoorkop besluit. Hy is boonop onmoontlik sexy, hardkoppig en so ryk soos Midas. Katryn, wat moes hard werk vir alles wat sy het, gaan nie toelaat dat enigiemand haar droom kom steel nie. Al soen hy hóé lekker!
Hy moet vir drie maande by die besigheid betrokke wees voor Katryn sy aandele kan koop, maar sy besef gou dat sy Petri heeltemal verkeerd opgesom het, en dat sy nie haar droom hoef prys te gee om plek te maak vir ’n nuwe een nie …
* Liefde vir ‘n dromer is teen R95 by toonaangewende boekwinkels landswyd beskikbaar. Details: lapa.co.za.

Waar die spoke sing deur René van Zyl

Eleanor Lindeque is ’n geskeide uitgewer, maar haar droom is om skrywer te wees. Toe die aantreklike hotelmagnaat Oliver Montgomery haar vertel dat sy oorlede oupa en Eleanor se confidant vir haar landgoed in Engeland nagelaat het, besef sy dat dit die perfekte tyd is om haar drome na te streef. Behalwe dat dié landgoed ’n ou kerk met ’n begraafplaas is waar Oliver se eie spoke nog wegkruip, hy duidelik nie in haar belangstel nie, en haar glad nie vertrou nie. Sy het ook ’n paar spoke uit haar verlede wat sy in die gesig moet staar voordat sy ’n toekoms saam met Oliver kan hê.
Sy familie maak ook nie die situasie makliker nie. Sy broer is ’n berugte casanova en dit lyk asof sy ma vir Oliver haat. Waarvoor het sy haarself ingelaat?
* Waar die spoke sing is teen R95 by toonaangewende boekwinkels landswyd beskikbaar. Details: lapa.co.za.

Die kwêvoël roep deur Alexa Steyn

Hannah du Toit besluit om haarself op Tijgerpoort te vestig in die huis wat eers haar en haar oorlede man se vakansiehuis was. Sy is opgewonde oor ’n nuwe toekoms – veral nadat sy kennis maak met ’n man wat feitlik onmiddelik haar hartsnare roer.
Iemand uit Hannah se verlede duik onverwags op en sy moet sekere gebeure in haar verlede opnuut konfronteer. ’n Jarelange vriend en vaderfiguur staan haar by om ’n belangrike besluit te neem en sy kom agter dat die nuwe man in haar lewe ook bagasie uit sy verlede saamdra. Maar ’n groot veldbrand lei tot byna noodlottige gevolge …
* Die Kwêvoël roep is teen R95 by toonaangewende boekwinkels landswyd beskikbaar. Details: lapa.co.za.

Rosita Oberholster – Romanza Nostalgie

Sy fosforvrou
Lanie vrees sy verloor haar hart op dieselfde soort man as waarvan sy geskei het:
nie ’n eenvrouman nie. En die gesprek wat sy ongevraagd moet aanhoor, bevestig dit. Maar haar hart protesteer …

Blou diamant vir ’n ysprinses
Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het, het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na ’n plaas teen die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien.
En dit onder Adam se toesig …
* Romanza Nostalgie: Rosita Oberholster is ‘n terugblik op die eerste Romanza-titels en een van ses titels in die reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholster, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.  Rosita Oberholster is teen R125 by toonaangewende boekwinkels landswyd beskikbaar. Details: lapa.co.za.

Leave a Reply

%d bloggers like this: