Entertainment

‘n Nuwe enkelsnit vir Dozi – jy wíl daarna luister

'n Aanhanger van Dozi? Kyk hier na sy splinternuwe musiekvideo.

Aanhangers kon nie wag vir Dozi se splinternuwe album Vrede wat vroeër vanjaar vrygestel is nie en nou het die sanger pas sy jongste musiekvideo vir die treffer Ek wil vir jou sê vrygestel.

“Die liedjie is gedurende inperking deur Stef Kruger geskryf. Dit handel oor ‘n persoon wat op toer is of weg van die huis af en dan terugkeer na sy geliefde toe. As gevolg van die afwesigheid, word daar baie druk op ‘n verhouding geplaas. Die liedjie is vir my baie spesiaal, want die lied het ontstaan toe ek deur presies dieselfde omstandighede en emosies gegaan het”, vertel Dozi oor die lied.

Die video vir Ek wil vir jou sê, is geskiet op Dozi se plaas. Wian van der Walt het die regie behartig en George van Rooyen het gehelp met die konsep van die video.

Kyk die video hier: 

Dozi se negentiende album, Vrede, met twaalf oorspronklike snitte, waarvan hy drie liedjies self geskryf het is op alle digitale platforms beskikbaar. Die inhoud kan hoofsaaklik beskryf word as ’n kombinasie van dieper dinkmusiek, wat hier en daar afgewissel word met ’n ligter dansnommertjie.“Die rede hoekom ek musiek skryf, is om iets in die wêreld beter te maak. Musikante is dissipels van die wêreld en dis hulle werk om mense se siele gelukkig te maak. As jy ongelukkig is en jy luister na die regte musiek, dan voel jy beter,” voeg Dozi by.

Ek wil vir jou sê  is beskikbaar op Dozi se album, Vrede. Kry die liedjie hier.

Vir meer oor Dozi volg hom op Facebook.

Leave a Reply

%d bloggers like this: